Advertorial
OUDTSHOORN SAKENUUS - As 'n gebore Oudtshoorniet en die besef dat daar 'n behoefte vir 'n moderne en persoonlike regsfirma in dié dorp is, was dit net logies vir Helene Badenhorst om haar regspraktyk hier te vestig.
"Ek kon nie insien dat ek my praktyk op enige ander plek as Oudtshoorn begin nie," het sy verlede week in die kantore van HB Attorneys in die Queens-gebou in Baron van Reedestraat, gesê.
Na voltooiing van haar LLB-graad aan die Universiteit van Stellenbosch het sy haar praktiese opleiding aan die Universiteit van Kaapstad voltooi waarna sy haar klerkskap in Oudtshoorn voltooi het. Sy is tans besig met haar meestersgraad in die regte.
"My rolmodel deur my hele lewe is 'n prokureur en ek kan myself eerlikwaar nie in 'n ander beroep sien nie." Sy sê sy is terdeë bewus van die mate waarin die regstelsel mense kan help, maar ook hoe dit mense direk en indirek kan beïnvloed. "Ek weet dit kan soms intimiderend en frustrerend wees om na 'n prokureursfirma te gaan, daarom is 'n moderne en gespesialiseerde, maar ook persoonlike diens noodsaaklik."
Op 'n vraag of sy as jong prokureur die regstelsel deur 'n ander bril sien, was haar antwoord 'n onomwonde "Ja!" Behalwe dat sy en haar assistent, Kayla Botha, self 'n finale jaar student in regte, jonk en energiek is, sê Badenhorst,
"Ons jong mense se toepassing van die reg word grootliks beïnvloed deur ons Grondwet wat eers in 1994 in werking getree het. Dit beteken dat jong prokureurs se benadering tot die reg meer akkommoderend is. Ons glo daar is 'n goeie en toeganklike oplossing vir elke probleem is. Ek is ook heeltemal op hoogte van nuwe ontwikkelinge in die reg en probeer altyd elke saak op 'n moderne en innoverende manier hanteer." Haar boodskap aan voornemende kliënte is, "Jou prokureur kan jou help voordat jy 'n probleem het en by HB Attorneys kan jy verseker wees van persoonlike en unieke diens en 'n persoonlike verhouding met elke kliënt. Kom maak 'n draai en leer hoe die reg vir jou kan werk voordat jy 'n probleem het." Volg hulle op Facebook by HB Attorneys en op Instagram by Hb_attorneys. Vir afsprake skakel Kayla by 044 203 5455 of stuur 'n e-pos aan admin@lawhb.co.za vir enige navrae.
Kayla Botha
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'