Advertorial Video
OUDTSHOORN SAKENUUS EN VIDEO - Die vrees vir wiskunde en die idee dat wiskunde moeilik is, is heeltemal ongegrond. Jaco van Zyl, stigter en eienaar van MindCube, bewys daagliks dat wiskunde maklik is mits dit prakties aangebied word. Hy het dié konsep reeds in 2006 begin ontwikkel toe sy eie kinders gesukkel het om basiese konsepte soos breuke, maal en deel en kwadrate te snap.
"Ek het besef dat wiskunde op 'n konkrete manier deur pretoefeninge aan kinders verduidelik moet word. Jong kinders leer die beste deur te speel en pret te hê. Daarom is ons leermetode gebaseer op aktiewe deelname, interaksie, gesonde kompetisie en pret," verduidelik hy.
Sy kinders het soveel baat by die oefeninge gevind dat hy besluit het om 'n volwaardige program te ontwikkel om ander kinders ook te help. Die resultaat is die uiters praktiese en maklike MindCube-modules wat 'n jaar gelede voltooi is.
Kyk 'n video hieronder:
Die modules is reeds met groot sukses by laerskole aangebied. Van Zyl sê MindCube is 'n eenvoudige manier om wiskundige berekeninge en konsepte self te ontdek en uit foute te leer. As 'n demonstrasie wys hy dan hoe een van sy studente wat slegs in gr. 2 is, soos blits maal, deel, halveer en selfs kwadrate kan bepaal. Die praktiese oefeninge behels alledaagse items soos 'n maatband, horlosie en getalkaarte en ouers kan dit tuis met die kinders doen. Die begrip en waardes wat hiermee aangeleer word, vorm 'n stewige basis vir wiskunde op hoërskool. In vergelyking met ander wiskundeprogramme is MindCube uiters bekostigbaar en maklik om te gebruik.
Behalwe vir wiskunde, ontwikkel MindCube ook verskeie ander vaardighede soos laterale denke, selfvertroue en die vermoë om onder druk besluite te neem wat noodsaaklik is tydens eksamens. Die modules word deur ouers en onderwysers aan die hand van kort insiggewende videos aangebied.
Kom kyk self hoe doeltreffend en maklik MindCube is by gratis inligtingsessies op 20, 22, 24 Julie om 10:00 en 12:00 en weer om 15:00 vir veral onderwysers en ouers. Plek: Klein Karoo Emporium, Rademeyerstraat. Verversings deur Beans about Coffee (eie koste) Kontak Jaco van Zyl by 083 233 5987, mindcube@mweb.co.za, besoek FB-page en webwerf wwww.mindcubemaths.com
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'