OUDTSHOORN SAKENUUS - Met 43 verskillende besighede voorsien die Queen's Mall in Voortrekkerweg in bykans al die behoeftes vir dag tot dag inkopies.
Ondernemings wat persele by die winkelsentrum huur is so uiteenlopend as wat kan kom. Dit wissel van diensverskaffers soos makelaars, korttermynversekering en 'n tandarts tot verskaffers van biltong, boeke, klere, water, varsprodukte, kaas, kruideniersware en geskenke.
Die winkelsentrum se ligging is sentraal en met oorgenoeg parkeerplek is dit die ideale plek om jou motor veilig te parkeer en 'n hele klomp inkoop-vlieë met een klap van kant te maak.
Sou die inkopies langer duur as wat beplan is, kan jou motor sommer gewas word terwyl jy by een van die vyf eetplekke met 'n koppie koffie en iets te ete, ontspan. Buiten die aantal ondernemings is daar ook vier kitsbanke op die terrein en 'n vyfde een binne een van die ondernemings.
Ablusiegeriewe vir klante is netjies en skoon en deurentyd onder toesig.
Queen's Mall in Voortrekkerweg.
Die eienaars van die perseel het die afgelope ruk geen steen onaangeroer gelaat om klante se veiligheid te verseker nie. 'n Hele aantal kameras, wat deurentyd gemonitor word, is op verskeie plekke wat die parkeerarea, kitsbanke en loopgange dek, aangebring.
'n Privaat sekuriteitsmaatskappy is ook aangestel en wagte is 24 uur per dag op die perseel aan diens. Hulle teenwoordigheid sowel as die kameras het die afgelope ruk goeie vrugte afgewerp om verdagtes vinnig aan te keer.
'n Privaat sekuriteitsmaatskappy is ook aangestel en wagte is 24 uur per dag op die perseel aan diens.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'