Advertorial
BESIGHEIDSNUUS - Die span van PSG Insure Graaff-Reinet kan met reg trots wees op hulself.
Na twee jaar se onsekerheid weens die Covid-19-inperkings en 'n drastiese verandering in leefstyl kon die span steeds daarin slaag om met Santam se Silwertoekenning vir uitnemende kliëntediens en -groei weg te stap.
Die span het ook twee lede ryker geword.
Volgens Wessel Landman, wat sedert Mei verlede jaar die nuwe prinsipaal van PSG Insure Graaff-Reinet is, is die toekenning veral aan Magda Zerwick (hoofeisedame) en Alet Slabbert (hoofadviseur) te danke.
"Hulle het deur swaar en moeilike tye steeds hul uiterste bes gegee en hard daaraan gewerk om ons kliëntediens die topgehalte te hou waaraan almal gewoond is.
"Alet is iemand wie nooit terugstaan vir 'n uitdaging nie en sy het met positiwiteit die moeilike omstandighede aangepak. Die grondslag wat sy en Magda Zerwick oor die jare gelê het, wat goeie kliëntediens aanbetref, het vrugte afgewerp en Alet het Santam se Silwertoekenning vir nuwe besigheid ontvang. Dit is 'n besonderse prestasie, veral onder die Covid-inperking. Hierdie toekenning is 'n refleksie van n goeie spanwerk," het hy gesê.
Met hul oog op die Santam Goue-toekenning vir die nuwe finansiële jaar, is hul reeds hard aan die werk om dit te laat realiseer.
Sedert Julie 2021 het 'n paar nuwe gesigte by die span van PSG Insure aangesluit om kapasiteit vir die groeiende besigheid te verseker.
Carmen Prinsloo is sedert September 2021 deel van PSG Insure, as adviseur onder supervisie, en sy hanteer persoonlike lyne. Christelle Slabbert, ook 'n adviseur onder supervisie, het sedert Februarie 2022 deel van die PSG Insure-span geword. Sy hanteer Agri en kommersiële besigheid.
"Ons span het beslis gegroei en het groot skoene om vol te staan, maar met mentors soos Alet en Magda is sukses die enigste opsie."
PSG Insure Graaff-Reinet, Bourkestraat 36.
Kontakbesonderhede vir ons verteenwoordigers:
- Wessel Landman, +27 (0) 83 501 0681 of wessel.landman@psg.co.za
- Alet Slabbert, +27 (0) 82 902 8685 of alet.slabbert@psg.co.za
- PSG Wealth Financial Planning (Pty) Ltd is 'n goedgekeurde finansiële diensteverskaffer. RFD 728
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'