Die afgelope naweek het die Oudtshoorn Meubelvervoer-span `n algeheel derde plek behaal in die nasionale kompetisie waaraan vyf streke deelgeneem het. Die span het ook eerste twee plekke ingepalm vir 'Best Loader' en 'Best Supervisor'.
Merkwaardige prestasies as mens in ag neem dat hierdie hul eerste deelname aan die kompetisie is.
Op 14 Junie het die span in George aan die streekkompetisie met die louere weggestap. Daarmee het hulle ook tot die nasionale kompetisie deurgedring waar hulle verlede naweek met spanne van Gauteng, KwaZulu-Natal, Wes-Kaap en Vrystaat in Johannesburg meegeding het.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.

Die wenspan van Colyns Meubelvervoer op Oudtshoorn is, van links, Abraham Moos (Yskas), Isak de Wee, Gabriël Moos en Daniel April. By hulle staan Johan Colyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus'