Advertorial
BESIGHEIDSNUUS - Pieter Ackerman is sedert 2 Augustus die nuwe handelaarshoof by Oudtshoorn Ford en saam met hom bring hy jare se ondervinding in die motorbedryf, vars idees en hoë standaarde na die tak.
Hy het voorheen as handelaarshoof by Mosselbaai Ford gewerk en spog met internasionale ondervinding nadat hy bykans twee jaar in Nieu-Seeland vir 'n ander motorhandelaar as verkoops- en finansiële bestuurder gewerk het.
Kliëntediens is vir hom van kardinale belang en wil hy en sy span elke ou en nuwe kliënt die beste diens moontlik bied.
"Die span saam met wie ek werk is mense met 'n passie vir wat hulle doen en werk hard om ons standaarde hoog te hou. Ons poog daarin om elke kliënt welkom te laat voel, of jy kyk of koop, elke kliënt wat hier instap is belangrik."
Hy beplan ook groot en opwindende veranderinge en vernuwings, insluitend verbeterings aan die gebou en werkswinkel en om kliënte se ervaring te verbeter. Onder sy leierskap bied Oudtshoorn Ford 'n wye reeks hoë gehalte tweedehandse en splinternuwe voertuie aan.
Wayne Rocchi is deel van sy bekwame span en is verantwoordelik vir die gehalteversekering van beide nuwe en gebruikte voertuie.
"Hy sorg dat elke nuwe of tweedehandse voertuig wat by die deure uitry, foutloos en perfek is."
Dirk Olivier is die verkoopsbestuurder en help kliënte om die perfekte voertuig te vind.
Met hierdie dinamiese span onder Ackerman se leiding, kan kliënte uitsien na voortreflike diens en 'n opwindende toekoms by Oudtshoorn Ford.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’