Advertorial
SAKENUUS - Die bestuurspan van Ford Oudtshoorn is onlangs geherstruktureer en saam het hierdie nuwe span ongeveer 90 jaar se ondervinding in die motorbedryf.
Maureen Schoeman, nuwe handelaarshoof van Ford Oudtshoorn, is sedert 1 November verlede jaar in die pos aangestel, en sê sy dat hulle as handelaar nie net daarop fokus om 'n uitstekende produk en goeie diens aan hulle kliënte te lewer nie, maar om ook in die gemeenskap terug te ploeg en te sorg dat personeel gelukkig is.
Hierdie tak bestaan al sedert 1920 en is hulle die tweede Ford-handelaar wat in Suid-Afrika oopgemaak het. Rouxrand Properties (PTY) Ltd is die eienaar van Ford Oudtshoorn en het hulle 32 personeel in diens.
Ford Oudtshoorn is ook die afgelope naweek, tydens 'n landswye 'begin van die jaar' konferensie, vir drie toekennings in die E-kategorie benoem – onderdele afdeling, gebruikte motors en finansiering en versekeringsafdeling. Die tak is ook tydens die geleentheid na 'n D-kategorie handelaar opgeskuif.
Kliënte kan hierdie jaar uitsien na die opgradering van Ford Oudtshoorn se perseel en gaan die nuwe korporatiewe beeld deel vorm van die opgradering. "Ons gaan ook die parkeerarea vir kliënte vergroot," vertel Schoeman.
Schoeman bedank elke kliënt vir hulle ondersteuning en nooi sy huidige en voornemende kliënte uit om die nuwe Next Generation Everest vir 'n toetsrit te neem.
Skakel 044 272 6168 om 'n afspraak te reël. Handelsure is Maandae tot Vrydae van 07:30 tot 17:00 en Saterdae van 08:00 tot 12:00.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'