Nuts About You is die handelsnaam van Selected Nut Trade BK en handel in die verkoop van neute en droëvrugte.
Andrew het die besigheid in 2004 gekoop toe hy met pensioen afgetree het. Hy was vir sy laaste 27 diensjare verbonde aan 'n Amerikaanse Maatskappy as Produksie Spesialis – Baster groentesaad, en was hierdie beginsel van "Kwaliteit en Diens" ook die maatskappy se leuse.
"Dit was 'n goed beplande, en goed saamgestelde onderneming met 'n relatiewe klein kliënte basis. Saam met dit was 'n waardevolle beginsel, dat ons gefokus was op kwaliteit produkte en uitmuntende diens aan kliënte," sê Andrew.
Tans lewer hulle hul produkte aan meer as 200 kliënte.
"Ons is trots op ons produkte, ons verpakking, ons diens aan kliënte en die verhoudings wat bestaan tussen ons en verskaffers van rou produkte en almal wat betrokke is in die ketting tot by die verbruiker."
Andrew bedank al sy kliënte vir hul getroue en voortdurende ondersteuning.
"Ons vertrou dat ons ook in die toekoms op u kan reken."

Nuts About You in Ladismith vier die maand hul tiende bestaansjaar onder nuwe bestuur. Hier is die personeel wat help om van die besigheid 'n sukses te maak. Van links agter is Mary-Ann Human, Shane Appels, Andrew Bezuidenhout (eienaar), Frances Botes (fabriekbestuurder) en van links voor staan Riana Schoeman, Johanna Appels en Elizabeth Human. Mary-Ann, Shane, Elizabeth en Johanna werk al vir die afgelope 10 jaar by Nuts About You.