Advertorial
BESIGHEIDSNUUS - Mediclinic Klein Karoo het op Vrydag 1 Julie tydens 'n spoggeleentheid by Surval Boutique Olive Estate, hul kwarteeu herdenking gevier.
Dié hospitaal bied plaaslike, nasionale en internasionale pasiënte 'n breë spektrum van professionele mediese dienste in Oudtshoorn - die hartjie van die Klein-Karoo.
Die geleentheid is deur verskeie dokters, bestuurslede en personeel bygewoon.
Hannes Stegmann, hospitaalbestuurder, het tydens die funksie gesê dat dit 'n eer en voorreg is om deel van die Mediclinic Klein Karoo-span te wees.
Hy het ook genoem dat daar verskeie redes is om met die hospitaal en sy personeel te spog.
"Ons het in die afgelope 25 jaar verskeie prestasies behaal. Ons is baie trots op ons hospitaal te danke aan die samewerking van al ons personeel, dokters, diensverskaffers en die ondersteuning van die gemeenskap. Ons spog altyd dat die hospitaal gebou beter as enige ander van die hospitale in stand gehou word. Bowenal alles, is dit die mense wat die hospitaal so spesiaal maak. Daar is min plekke waar mense vir mekaar so omgee, help en ondersteun. Dit reflekteer in ons uitstekende pasiënt sorg. Ons personeel en dokters lewer onbaatsugtige diens, in baie moeilike omstandighede. Ons pasiënte word steeds altyd eerste geplaas."
Vyf personeellede is ook vir hul 25 jaar diens vereer - Eliska Crafford (bevestigings-afdeling), Herculine Vermaak (menslike hulpbronne), Belinda van der Westhuizen (rekeninge), Andrie Wiese (verpleging) en Maria Wagener (teater).
'n Besonderse video is ook vertoon waar die vorige bestuurders van die hospitaal hulle ervarings gedeel het en almal gelukgewens het met die reuseprestasie. Die vorige bestuurders was Sandra Eigelaar (1997-2001), Anne-Marie Nortjé (2001-2008), Johanna Mokwena (2008-2017) en Gerhard Joubert ( 2018-2019).
Die bestuur van die hospitaal is, van links: Sanet van Meersbergen (dokter verhoudingsbestuurder), Hannes Stegmann (hospitaalbestuurder), Herculine Vermaak (menslike hulpbronbestuurder vir die bemagtiging van besigheidswerknemers), Andrie Wiese (verpleegbestuurder), Chris-Marie Stroebel (apteekbestuurder), Daleen Fourie (pasiëntadministrasiebestuurder) en David Fourie (tegniese toesighouer). Foto’s: Liezl van Niekerk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'