Sponsored Content
BESIGHEIDSNUUS - Master Maths Oudtshoorn het in Februarie groot erkenning ontvang deur as een van vyf finaliste in kategorie A vir die Master Maths-tak van die Jaar 2025 aangewys te word.
Suzaan Ellis het 23 jaar gelede die sentrum in Oudtshoorn geopen en het sedertdien van krag tot krag gegroei.
Hierdie prestasie is vir Ellis ’n besondere eer, aangesien daar 125 Master Maths-takke regoor Suid-Afrika en Namibië is.
Haar tak moes meeding teen sentrums in groter gebiede met 'n hoër fooistrukture.
Die keuring van finaliste en uiteindelik die wenner van die Franchise van die Jaar-toekenning is gebaseer op verskeie kriteria.
Twee van die belangrikste faktore, volgens die Franchise -riglyne, is die mate waartoe sentrums hul gebiede effektief benut en konsekwente groei toon. Konsessiehouers moet ook voldoen aan die handelsmerk se besigheidsbeginsels, dissipline en etiek, terwyl hulle die tegnologiegedrewe program balanseer met persoonlike onderrig deur tutors.
Suzaan sê dat dit vir haar en haar span uiters belangrik om lesse aan te pas wat by elke leerder se individuele behoeftes pas. Sy beklemtoon ook dat sy hierdie sukses nie sonder die volgehoue ondersteuning van plaaslike skole, leerders, ouers en haar toegewyde span kon behaal nie.
See qualifications here:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’