Advertorial
OUDTSHOORN SAKENUUS - As 'n vrou wil, kan sy enigiets doen. Dit is Maritsa Hiscock se boodskap aan vroue vir Vrouedag.
Sy en haar man, Ricardo, besit Rerima Motors reeds nege jaar, maar wat min mense weet is dat sy sélf die besigheid begin het.
"Ek was in die polisie en hy het oorsee gewerk. Ek het die besigheid in 2010 gekoop, meer as 'n maand voor my man huis toe gekom het. Ek het die besigheid as 'n uitlaatpyp-besigheid oorgekoop en klein goedjies soos trekstange bygevoeg. Hier was bykans geen toerusting of gereedskap nie en ek en hy het die arbeid self gedoen."
Maritsa sê sy het Ricardo 'n maand en 'n half later op die lughawe gaan haal en hy het dieselfde dag nog in die besigheid begin werk. Saam het hulle van Rerima Motors die suksesvolle voertuigherstelwerkbesigheid gemaak wat dit vandag is.
"My boodskap aan vroue is dat jy enigiets kan doen as jy jou hart en geloof daarin sit."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'