Advertorial
OUDTSHOORN SAKENUUS - Die natuurlewe is haar inspirasie en om elke dag met plante en kliënte te werk is wat Marika Ras se werk by KarooTuin Kwekery lekker maak.
Marika sê 'n vrou in die werksplek is tog iets wat belangrik is.
"Vroue dink anders en sien ander goedjies as mans raak. Ek het 'n fyner oog en maak seker dat al die plante mooi en vars lyk as die kliënte hier in stap."
By die kwekery het sy ook baie van haarself en menseverhoudinge geleer.
"Dit is vir my heerlik as ek mense se stories kan hoor en hulle help met die idees vir hul tuine."
Le Roux van der Westhuizen, eienaar van KarooTuin, sê Marika is die vriendelike gesig by die werk waarsonder hulle definitief nie wil werk nie.
"Dit is opvallend dat kliënte eers vra vir Marika, ons mooiste blom, voor hulle 'n blommetjie vir die tuin aanskaf."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'