OUDTSHOORN NUUS - 'n Oud-Struisie van 2008 se matriekklas het in Januarie as geoktrooieerde rekenmeester, die bestuur oorgeneem van Lumenrock, wat seker Oudtshoorn se oudste rekenmeesterspraktyk is.
Marizanne Botes (Laubscher) het by die universiteit van Stellenbosch studeer, in 2012 haar honneursgraad verwerf en in 2016 CA (SA) geword.
Die praktyk wat vandag as Lumenrock bedryf word is reeds in 1914 deur Andrew James Acker begin.
Die onderneming se eerste bankdeposito is 'n handgeskrewe inskrywing wat gedoen op 8 Oktober 1914.
Die Lumenrock-span is van links: Steveland Louis, Marizanne Botes, Bernadette Booysen, Landie Jordaan, Carol Steyn, Liesbet Witbooi, Willemien Nel en Marshall Afrika.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'