Sponsored Content
SAKENUUS - Gretha Wiid kom op 31 Oktober Oudtshoorn toe met haar gewilde aanbieding, Lag 'n slag oor jou vrouwees.
Sy is ’n bekende Suid-Afrikaanse Christelike skrywer, motiveringspreker en verhoudingskenner.
Lag 'n slag oor jou vrouwees het 'n inspirerende en humoristiese aanslag op vrouwees en dit wat in die vrouehart aangaan.
Dit beloof om 'n heerlike aand met 'n mengsel van emosies, insig, humor en inspirasie te wees.
Die praatjie is veral gemik op vroue en hoërskooldogters wat hul vrouwees wil vier.
Kaartjies beloop R200 per persoon en sluit in 'n R200 kontantbewys, geborg deur Le Bonheur Spa, in.
Dit begin 17:30 vir 18:00 by Laerskool Wesbank se skoolsaal, Oudtshoorn.
Daar sal pannekoek, koffie, tee en 'n snoepie beskikbaar wees vir daardie lekker bederfies deur die aand.
Kaartjies kan by 066 315 7559 of 079 819 1602 bespreek word.
Kom lag, leer en wees deel van hierdie wonderlike geleentheid!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’