Bosman, wat vir die afgelope ag jaar reeds die bekend Super Car Wash, aangrensend aan die Pick n Pay-parkeerarea bedryf saam met sy vrou, Nonnie, is sedert 20 September ook die eienaar van Swartberg Car Wash & Valet langs die Checkers-parkeerarea.
Beide wasserye is gerieflik geleë vir enigeen wat inkopies wil doen of sake in die dorp wil afhandel terwyl hul motor gewas word. Die gerieflike wagkamer met lugreëling by Super Car Wash is al lank reeds 'n treffer.
Diens word altyd onder toesig gelewer en daar word slegs gebruik gemaak van die beste chemikalieë en produkte op die mark. "Mense kan met 'n geruste hart van ons diens gebruik maak," vertel Bosman. "Ons prioriteit is om 'n diens van hoogstaande kwaliteit te lewer en die behoeftes van ons kliënte op die hart te dra. Mense kan dieselfde diens by Swartberg Car Wash & Valet verwag.
Versekering op alle voertuie beteken dat voertuigeienaars kommervry sal wees.
Woensdae kry pensionarisse R10 afslag. Elke kliënt ontvang ook 'n kaartjie om 'n volledige valet te wen waarvan die gelukstrekking volgende Maandag 7 Oktober sal plaasvind.
Swartberg Car Wash kan weeksdae besoek word vanaf 08:00 tot 17:00 en Saterdae en openbare vakansiedae vanaf 08:00 tot 13:00.
Bosman kan gekontak word by 082 459 0674.
Deon Bosman en die personeel van Swartberg Car Wash & Valet. By hulle staan een van Bosman se gereelde kliënte, Markus Nortjé van Oudtshoorn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus'