Sponsored Content
SAKENUUS - Die trots van die Klein-Karoo op jou tafel! Die Karoo Lusern Slaghuis-span is dankbaar vir die publiek se getroue ondersteuning. Ons is trots om te kan deel dat ons in twee kategorieë in die Best of Oudtshoorn Readers' Choice Awards as wenners aangewys is: Best Butchery sowel as Best Biltong.
Dit is vir ons 'n uitmuntende prestasie!
Cornel Landman, trotse eienaar van Karoo Lusern Slaghuis, waarborg produkte van uitmuntende gehalte en waarvan die oorsprong bekend is.
Die slaghuis se bees- en skaapprodukte is afkomstig van sy eie plaas - op hierdie manier verseker hy dat elke dier met minimale stres hanteer word, dat goeie gesondheid gehandhaaf word en dat hy uiteindelik die beste gehalte vleisproduk met volle naspeurbaarheid aan sy klante kan lewer.
Hierdeur word die middelman ook uitgesny en kan Karoo Lusern Slaghuis die beste vleis teen 'n fantastiese prys lewer.
Vir Karoo Lusern Slaghuis is dit belangrik dat elke klant 'n positiewe ervaring in die slaghuis het. Die personeel dra dieselfde waardes as die maatskappy en lê klem op vinnige en vriendelike kliëntediens tesame met goeie slaghuishigiëne. Elke personeellid is gefokus op voortreflike diens in alle opsigte.
Buiten die verkoop van alle soorte en geure lip-lekker vleisprodukte bied Karoo Lusern Slaghuis ook wildverwerking tydens die jagseisoen vir klante, waar elke jagter se trots met uitnemendheid verwerk en verpak word. Klante in Oudtshoorn kan ook met Karoo Lusern Slaghuis se selfoontoepassing vleis, braaisout, ys en vele meer bestel.
Dit is vir Cornel belangrik om ag te slaan op die opmerkings van ieder en elke lojale kliënt wat Karoo Lusern Slaghuis ondersteun.
Dis vir hom lekker om goeie terugvoer van regoor die land te ontvang en ook belangrik dat klante moontlike punte van verbetering uitlig.
Die invloed van gereelde klante uit die Suid-Kaap is indrukwekkend en dit is 'n bron van groot trots dat die slaghuis sy voetspoor in 'n kort tyd so wyd uitgebrei het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’