Dit beteken kliënte van Sanlam sal geen onderbreking ervaar in die kundigheid en diens waaraan hulle gewoond was nie. De Villiers sê dis juis die wenresep wat 'n BlouSterpraktyk bied: Dat kontinuïteit verseker word omdat kliënte se versekerings- en beleggingsportefeuljes nie net aan een adviseur se dienstyd gekoppel is nie.
"Die Sanlam BlouSter-besigheidsmodel skep 'n wen-wen-situasie vir adviseurs en kliënte. Al neem ek as prinsipaal oor, kan ons kliënte weet dat hulle nou – nes voorheen – die voordeel van 'n persoonlike verhouding met hul finansiële adviseur kry. Dit is 'n deurslaggewende element in die sukses van Sanlam se adviesproses."
De Villiers sê Complectus Wealth BlouSter sal steeds die volgende kritiese dienste vir kliënte bied:
- Finansiële beplanning
- Spaar en beleggings
- Persoonlike dekking
- Aftreevoorsiening
- Voorsiening vir opvoeding
- Testamente en trusts
Besigheid sal nog steeds bedryf word vanaf ons huidige perseel in St Johnstraat 137, Oudtshoorn. Kontak 044 272 0864 vir verdere inligting.
Die vriendelike personeel van die Sanlam Complectus Wealth Blouster-adviseurspraktyk is, van links, Jos de Villiers (prinsipaal), Marlene Marais, Margaret Minnie en John Grootboom. Afwesig is Elsa Schoeman en Sonja van Vuuren.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'