Advertorial
BESIGHEIDSNUUS - Hyundai Oudtshoorn in Langenhovenweg is onlangs tydens 'n glansgeleentheid as 'Dealer of the year 2022' en 'Sales dealer of the year 2022' aangewys.
Hierdie toekennings is indrukwekkend wanneer jy in ag neem dat hulle teen 43 kategorie C, handelaars meegeding het.
Die nasionale maatskappy, Hooper Motors Pty Ltd, wat sedert November 1933 franchise- en motorhandelaars suksesvol bestuur, het op 1 Julie 2021 die nuwe eienaars van Hyundai Oudtshoorn geword.
Dit is voorwaar 'n pluimpie in hulle verjaarsdagkoek, siende dat hierdie maatskappy vanjaar hulle 90ste bestaansjaar vier.
Bronwyn Dyter, takbestuurder van Hyundai vir die afgelope vier jaar, het destyds aan Oudtshoorn Courant genoem dat sy groot planne het om Hyundai Motors wéér as die topmotorhandelaar in Oudtshoorn te hervestig.
Sy en haar span van nege het voorwaar aan hierdie belofte gestand gedoen. Dyter sê dat hulle 'n vermoede gehad het om die Verkopetoekenning te wen, maar glad nie die Handelaartoekenning nie.
Dyter wil graag haar personeellede bedank vir hulle harde werk en toewyding om Hyundai Oudtshoorn 'n groot sukses te maak. "Hierdie prestasie sou nie moontlik gewees sonder ons gewaardeerde kliënte nie. Dankie vir julle ondersteuning oor die jare heen om hierdie vir ons moontlik the maak."
Hyundai Oudtshoorn verkoop nie net nuwe Hyundai-voertuie nie, maar hulle beskik óók oor 'n groot seleksie tweedehandse motors.
By die diensafdeling is alle motorfabrikate, wat nie meer onder waarborg is nie, ook welkom, en is motoronderdele vir 'n wye reeks fabrikaat motors ook beskikbaar.
Alle nuwe Hyundai-motors kom met 'n diensplan en 'n sewe jaar of 200 000 km-waarborg (wat ook al eerste kom).
Besigheidsure is Maandae tot Vrydae vanaf 07:30 tot 17:30 en Saterdae vanaf 09:00 tot 13:00.
Skakel Hyundai Oudtshoorn by 044 813 6126 of na-ure by 072 918 4677 vir algemene navrae of vir motors wat onklaar is.
Die twee troffeë wat Hyundai Oudtshoorn ontvang het. Foto: verskaf
Van links is Brenton Cole (verkoopsdirekteur van Hooper Motors), Niall Lynch (hoof uitvoerende beampte van Hyundai Suid-Afrika) en Bronwyn Dyter (Hyundai Oudtshoorn algemene bestuurder), tydens die glansgeleentheid in Natal. Foto: verskaf
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'