OUDTSHOORN SAKE NUUS - Headlines Restaurant, Oudtshoorn, is dié restaurant waar gehalte, prys en uitstekende diens vir die eienaars, Marlene en Zelda saak maak.
"Kom geniet 'n gesellige tydjie met ons opwindende '60's menu' met dekor om dit te komplimenteer. By ons word kos met 'n passie voorberei en diens met 'n plesier gelewer," nooi hulle.
Headlines bied ook 'n gratis venue vir funksies en troues, teen sakpas pryse. Bespreek jou plek vroegtydig om teleurstelling te voorkom.
"By ons geniet jy persoonlike aandag van die eienaars, terwyl jy 'n foto of twee kan neem saam met 'Elvis' of 'Marlyn'."
Headlines Restaurant is geleë op die hoek van Baron van Reedestraat en St Johnstraat.
Dit is 'n restaurant waar elke kliënt belangrik is.
Kontak hulle by 044 272 3434 of gaan sien hulle persoonlik om meer uit te vind wat hulle bied, of om jou behoeftes rondom funksies of etes te bespreek.
Headlines Restaurant, Oudtshoorn, is dié restaurant waar gehalte, prys en uitstekende diens vir die eienaars, Marlene en Zelda saak maak.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'