Sedert die gesin se oorname het die drankwinkel ook nou `n gedaanteverwisseling ondergaan en staan dit voortaan bekend as Kühn's Blue Bottle Liqour.
Wynand het jare se handelservaring met kettinggroepe in die Noorde van Gauteng. Toe die geleentheid homself voordoen vir die Kühn-gesin om hulle op Oudtshoorn te vestig het hulle die kans onmiddellik aangegryp.
"Ons was al vantevore op die dorp tydens vakansies en ons het geweet dit is die regte plek om heen te gaan. Hierdie is `n familiebesigheid," vertel Wynand wat die besighede saam met sy vrou, Johanna bedryf. Hul oudste seun is ook in die besigheid werksaam terwyl die jongste tans `n matriekleerder aan Hoërskool Oudtshoorn is en vir die eerste rugbyspan op senter uitdraf. "Die besigheid doen goed," vertel Wynand, "en ons is baie gelukkig in Oudtshoorn, mense behandel ons goed".
Hul besluit om by die Blue Bottle-franchise aan te sluit hou vele voordele vir kliënte in aangesien `n groter verskeidenheid produkte nou op die rakke beskikbaar is. Kliënte kan ook gerus `n ogie op die koerante hou vir hul gereelde spesiale aanbiedinge.
"Ons het die produkreekse uitgebrei en daar is nou `n groter verskeidenheid voorraad op die rakke," vertel Wynand. "Ons kliënte is welkom om met ons te kom praat, ons luister graag." Skakel hulle gerus by 044 272 0602.
Die span van Kühn's Blue Bottle Liqour bied hul kliënte nou `n groter verskeidenheid teen die laagste pryse.