Surval Boutique Olive Estate en Bella Cibo het beide verlede Vrydagaand toekennings ontvang van die Chaîne des Rotisseurs tydens `n luisterryke funksie wat by Surval gehou is.
Die ander plaaslike restaurant wat ook met hierdie gesaghebbende eerbewys kan spog, is Turnberry Boutique Hotel.
Lede van die Chaîne des Rotisseurs, met hul internasionale hoofkantoor in Parys, Frankryk, was die afgelope paar weke in die Tuinroete om toekennings te maak aan verskeie restaurante en hotelle van uitnemende gehalte.
Gaste is getrakteer op `n spyskaart van sewe geregte, plaaslike wyne en `n lewendige musiekopvoering. Die Frans-geïnspireerde spyskaart het ook Klein Karoo-invloede getoon. Volstruis, krokodil, melktert en lamstong is smaakvol bedien, elk met `n moderne kinkel.
Lidmaatskap aan die Chaîne des Rotisseurs, wat uit 1248 dateer, is slegs per uitnodiging.
Toekennings word gemaak op grond van volgehoue hoë standaarde en het ten doel om nuwe lede in te lyf.

Verskeie restauranteurs van die Tuinroete, waaronder twee van Oudtshoorn, het verlede Saterdag internasionale toekennings ontvang tydens `n luisterryke funksie by Surval. Foto: Hans van der Veen.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus