Advertorial Video
OUDTSHOORN SAKENUUS EN VIDEO - Oudtshoorn het 'n unieke eetplek en geleentheidsbestemming ryker geword.
Bushman's African Dining is nou in die bekwame hande van Aurona Weideman van Nostalgie Restaurant.
Bushman's is 'n uitsonderlike buitelug eetplek wat 15 kilometer op die De Rust pad geleë is wat verseker 'n kom-kyk-saak is!
Die restaurant is geleë in 'n doringboomwoud onder God se sterrehemel waar die wild vrylik rondloop en sommer hier naby jou tafel kom draai.
Oop vure en beligting omskep die area saans in 'n eetervaring vol atmosfeer. Aurona is verskriklik opgewonde oor die enorme potensiaal wat in hierdie unieke plek opgesluit lê en het met groot entoesiasme en groot sukses verlede Vrydag hulle eerste ete onder die sterre bedien. Klein-Karoo kos op sy beste is voorgesit met tafels wat gekreun het onder tuisgebakte brode, roosterkoeke, vetkoeke bedien met konfyte, murgbene en skilpadjies gevolg deur bakke pork belly, wors en hoender van die kole af.
Aurona sê Bushman's gaan Woensdagaande in Februarie smullekker steaketes, hamburgers op warm roosterkoeke of borde met vingereetgoed bedien. Vrydagaande is dit weer tyd om aan te sit vir die Klein-Karoo buffet.
Saterdagoggende word ligte ontbyt, hamburgers en nog vele lekkernye bedien. Daar word ook druk beplan om ten minste een Saterdag 'n maand 'n regte outydse boeremark by Bushman's te hou. Aurona wil Bushman's graag ook bemark as 'n plek waar troues, verjaarsdae en werksfunksies gehou kan word.
Daar is 'n heerlike kinderspeelplek onder die bome en plaasdiere kan gevoer word.
Kontak Aurona gerus per telefoon by 064 931 5350 of per e-pos by bushmansdining@gmail.com vir meer inligting en besprekings. Besprekings is noodsaaklik om jou plek te verseker.
Kyk 'n video hieronder:
Gaste tydens Saterdagaand se ete.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'