KLEIN KAROO SAKENUUS - Terwyl Covid-19 sommige besigheidsmense omtrent goed die skrik op die lyf gejaag het en die ekonomie byna verlam het, het verskeie entrepeneurs in Oudtshoorn en omliggende dorpe hulle nie deur die virus laat afskrik nie.
Inteendeel,’ n aantal sakemanne en -vroue het hierdie tyd as die ideale geleentheid aangegryp om nuwe besighede op die been te bring, bestaande besighede oor te neem of bestaande ondernemings uit te brei.
Een sakeman het gesê behalwe dat die nood leer bid, leer die nood mens ook om kreatief en alternatief te dink. Getrou aan die karakter van die Klein-Karoo se mense het hulle nie gaan lê nie, maar die Covid-19-bul letterlik by die horings gepak en met hom begin ploeg.
Die afgelope aantal maande het nuwe besighede in en rondom Oudtshoorn oopgemaak en inwoners des te meer rede gegee om plaaslik te koop en plaaslike ekonomieë te laat groei.
PIET’S CRAZY PETS
Piet’s Crazy Pets bestaan al meer as 10 jaar. Die eienaars is afkomstig vanaf Rustenburg waar hulle twee troeteldierwinkels gehad het. Hulle het dit in Maart 2020 verkoop om na Nieu Seeland te verhuis. Met die inperking was die grense toe en hulle moes besluit wat hulle gaan doen. Hulle kom al die afgelope sewe jaar elke jaar KKNK toe en is lief vir die dorp en het reeds goeie vriendskappe opgebou. Vir hulle was die besluit maklik want Oudtshoorn was hul keuse sou hulle die dag aftree.
Piet’s Crazy Pets se doel is om ‘n verkil in die dorp te maak, werk te skep en ‘n goeie diens te lewer. Dit is hul passie en hulle strewe daarna om die klante se belange in ag te neem. Daar is troeteldiere te koop, ‘n groot verskeidenheid warm- en kouewatervisse en verskeie ander produkte vir jou troeteldiere. Piet’s Crazy Pets E-pos hulle by pietspets@gmail.com. Of besoek hul Facebook-blad, Piet’s Crazy Pets Oudtshoorn, om op hoogte te bly van wat by die winkel gebeur.
LAH-DI-DAH KOFFIEWINKEL EN RESTAURANT
Andene Gous is sedert 1 Maart 2020 die trotse eienaar van Lah-di-dah Koffiewinkel en gelisensieerde restaurant. Tobie, haar eggenoot, is haar steunpilaar en klankbord. Met ‘n bekwame span van agt personeellede, verloop dinge seepglad by die bekende baken in die Klein-Karoo.
Lah-di-dah is in die hoofstraat van Prins Albert, omring deur die Swartberge geleë. Dit is troeteldier vriendelik en daar is binne- en buitesitplek beskikbaar. Ontspan in die pragtige tuin en geniet die wonderlike uitsig. Daar is daaglikse ‘n spesiale maaltyd beskikbaar of bestel enige watertand dis van die spyskaart. Kom ervaar uitstekende en vriendelike diens in die Klein-Karoo.
Geniet gehalte kos teen bekostigbare pryse. Restaurantkos met ‘n “home food twist”. Alhoewel bekend vir hul smaaklike ontbyte, bedien hul ook middag- en aandetes. Die deli het ‘n verskeidenheid konfyte, ingelegte produkte, droë vye en Aloe Ferox-produkte beskikbaar. “There is no place like this place, anywhere near this place, so this must be the place.”
Andene Gous, Lah-Di-Dah
KAROOBROU
Karoobrou, is sinoniem met bekostigbare liplekker koningskos in die Klein-Karoo. Toe Almerie Venter, boekhouer van formaat, Karoobrou se deure op 1 Julie 2020 oopgesluit het, het sy geweet hier gaan ons hard werk, maar ook heerlik kuier.
Karoobrou se missie is om gehalte kos teen bekostigbare pryse te bied, waar kliënte elke dag deur vriendelike en professionele personeel bedien word. Die personeel bestaan uit vier opgeruimde dames. “Ons is plat op die aarde mense, mens-mense, wat vir mekaar en die kliënte omgee,” sê Almerie met blink oë.
Karoobrou is bekend vir hul tuisgemaakte beef patties, pasteie en boerewors, die beste in die dorp. Daar is gereeld nuwe disse op die spyskaart, onlangs is pizza cones bygevoeg. Kom kuier op die stoep tydens happy hour op koffie, daagliks tussen 07:00 en 08:00. Daar is ook een maal per week ‘n spesiale dis, sodat daar altyd iets nuuts is waarna kliënte kan uitsien. Ontbyt kan heeldag bestel word, asook verskeidenheid van toebroodjies met slaai of skyfies, hamburgers, wraps en boerekos-disse. Karoobrou Karoobrou kan ook spyseniering doen vir funksies en aandetes op bestelling.
“Baie dankie aan die besonderse personeel wat my ondersteun, ons is ‘n wenspan. Dankie ook vir my gesin se ondersteuning. En die belangrikste, elke liewe kliënt wat kom kuier, ons waardeer u. Julle dra by tot Karoobrou se sukses,” sê die eienaar. Kontak Karoobrou by almerieventer1@gmail.com of 079 203 7866, besoek die stoepsit-kuier-eetplek in Parkweg, langs Klein Karoo Agri se vulstasie op Oudtshoorn.
Almerie Venter, Karoobrou
OUDTSHOORN MUSCLE & FITNESS FACTORY
Oudtshoorn Muscle & Fitness Factory se leuse is "The most hard-core gym in the Karoo". Die deure is op 29 Augustus 2020 deur eienaars Elrika Botes en Graham Prince geopen. Die betekenis agter die interessante naam is; "Oudtshoorn" verteenwoordig Oudtshoorn in die fiksheidsindustrie.
"Muscle" wys op liggaamsbou. “Fitness” verwys na fiksheid en gesondheid en “Factory” verwys na die gebou waarin die fasiliteit geleë is, een van Oudtshoorn se erfenisgeboue. Baie jare gelede was die gebou ‘n fabriek. OM&FF is nie net nog ‘n fiksheidsklub nie, maar wel ‘n "old school" styl gimnasium.
“Hier word jy blootgestel aan ‘n Amerikaanse, hardekern oefenomgewing met ‘n lekker vibe. Nog wat mense ‘n gymgym noem,” sê Coach Yster Graham Prince. Ledegeld is billik teen R300 per maand vir ‘n 12-maande kontrak. Indien jy verkies om vooruit te betaal vir ‘n jaar, kry jy 2 maande gratis. Maand-tot-maand-fooi is R450 per maand en die dagfooi is slegs R50. OM&FF bied barbell-, dumbbell-, masjien-, kardioen HIIT-kamers aan. Daar is ook ‘n buite HIIT/kardio area. Titan Nutrition Supplements en Iron Addict Apparel aanvullings is ook te koop. Besoek gerus die fabriek en sluit aan. Groot planne vir 2021. Oudtshoorn Muscle & Fitness Factory Volg ons ook op Facebook en Instagram. “Strong body, strong mind! Work for it!”
Elrika Botes en Graham Prince, Oudtshoorn Muscle Fitness Factory
GRAND STREET STUDIOS
Grand Street Studios is conveniently situated in Oudtshoorn at the Camp Roadhouse Complex, 78 Van der Riet Street. Ever since opening our doors in 2004, Grand Street Studios has been part of the community, making a difference and providing the best possible products and services to our clients.
We specialise in graphic design, marketing for print and digital media, digital and litho printing, and large format printing. We pride ourselves on producing highquality products with fast turnaround times and at very competitive rates. Grand Street Studios offers expertise. We keep up with every new development in the design and printing field and learn with each new project, which helps us provide different angles to your marketing strategy. With varied professional backgrounds, each team member brings their own set of skills and strengths to the table to help you with your project.
Our passion is Oudtshoorn and South Africa. That’s why we support local businesses as much as possible. Grand Street Studios Many of our projects have a strong local footprint and contribute to building stronger businesses in our area. We like to build long-lasting partnerships with our clients and become a part of their business. We know that a successful product can only be provided by understanding how your business works, what you want to achieve and what your long-term vision is. We really want you to succeed and be a part of the journey! We are really into what we are doing! We use our skills to find creative solutions for your design problems - with a friendly, professional and solution-driven service.
Jaco Vorster, Grand Street Studios
Johan van Heerden, Grand Street Studios
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'