Advertorial Video
OUDTSHOORN SAKE NUUS - Die opknapping van die geskiedkundige Jan Lotz-huis op die hoek van Baron van Reede- en Scheepersstraat is voltooi en huisves nou die ondernemings van vier dinamiese vroue wat 'n mediese dokter insluit.
Die vier vroue wat elk op 'n eie gebied spesialiseer en hulle deure hier oopgemaak het is, Jodi Mulder (Jodi Mulder Financial Solutions), Kim Vermeulen (Medilusions), dr. Deirdré Joubert (Bella Women) en Marizanne Botes (DLR).
Kyk 'n video hieronder.
Jodi Mulder Financial Solutions
Jodi en haar span se primêre fokus is om beleggings- en finansiële advies te gee vir die lewering van langtermynresultate.
Hulle dienste behels persoonlike versekeringsdekking, besigheidsversekering, boedelbeplanning, beleggings, aftreebeplanning en testamente. Jodi Mulder het in 2013 by die span van Louis Engels aangesluit en na sy aftrede in 2019 het sy die praktyk oorgeneem en verander na Jodi Mulder Financial Solutions.
Sy word bygestaan deur Yolandi van der Merwe wat sedert 2007 by Louis Engels was en op langtermynversekering en beleggings fokus. Sy is ook die skakelbeampte van die onderneming.
Die derde lid van die span is Marelize Berry met 'n B. Com-graad in finansiële bestuur. Sy is verantwoordelik vir kliëntediens, aftreebeplanning en beleggings. Anéke Louwrens hanteer die kantoor se administrasie en ontvangs.
Kontak haar gerus by 044 004 0256 vir inligting en afsprake.
Jodi Mulder (Jodi Mulder Financial Solutions)
Medilusions Medical Aid Solutions
Kim Vermeulen was vir vyf jaar ook deel van die Louis Engels-finansiële span waar sy veral op mediese versekering gefokus het. Sy het wye finansiële ondervinding by Old Mutual, Liberty Life en Discovery opgedoen voordat sy by Louis Engels aangesluit het.
Met meer as 30 jaar ondervinding is sy die aangewese persoon om kliënte van raad en leiding ten opsigte van mediese versekering en mediese fondse sowel as verskeie ander finansiële terreine te voorsien.
Medilusions bied dienste wat strek vanaf mediese versekering tot korttermynversekering en beleggings. Haar regterhand is Wilmé Visser wat nie net haar persoonlike assistent is nie, maar self ook besig is met studies om haar as finansiële kundige te kwalifiseer.
Skakel Medilusions by 044 004 0256 vir 'n afspraak.
Kim Vermeulen (Medilusions)
Bella Women
Dr Deirdré Joubert het haar mediese studies in 2007 aan die Universiteit van die Oranje Vrystaat voltooi. Sy het daarna haar internskap in Port Shepstone en haar mediese gemeenskapsdiens by die Infanterieskool voltooi.
Dr Joubert het as ‘n algemene praktisyn gelocum in Oudtshoorn vir die eerste paar jaar van haar mediese loopbaan. Sy het egter gou besef haar groot passie is estetiese behandelings asook vroue gesondheid.
“By Bella Women gaan dit oor elke unieke vrou en hul unieke behoeftes” sê Dr Joubert. Bella Women, Well Women & Aesthetic
Clinic is op hierdie konsep gebasseer en bied verskeie internasionale, mediese estetiese behandlings vir pasiente.
Van die gewildste behandelings is onder andere Botox- en fillerbehandeling, haarrestorasie asook behandeling van spatare. Bella Women hou ook n reeks van mediese velsorg produkte aan.
Dr Joubert word bygestaan deur Loraine Viljoen wat afsprake en kantoor-administrasie hanteer.
Vir meer inligting oor Bella Women se mediese dienste skakel hulle gerus by 076 744 0401.
Dr Deirdre Joubert (Bella Women)
DLR
Die DLR-groep se geskiedenis strek terug tot by 1914 en spesialiseer in alle finansiële sektore. DLR het kantore regoor die land asook in die buiteland.
DLR Oudtshoorn is 'n rekenkundige onderneming onder die bekwame direkteurskap van Marizanne Botes (CASA / RA).
Hulle bied rekenkundige en ouditdienste sowel as kundige diens ten opsigte van belasting. Met 'n wye verspreiding van dienste in die DLR-groep kan daar buiten rekenkundige dienste ook enige ander finansiële dienste soos beleggings en finansiële beplanning gelewer word. DLR bied 'n holistiese diens wat elke finansiële behoefte van 'n kliënt kan aanspreek.
Kontak DLR by 0861 873 255.
Marizanne Botes (DLR)
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'