Advertorial
OUDTSHOORN SAKENUUS - Dillan Moos, gebore Oudtshoorniet en bekende in krieket-geledere, het verlede week sy eie krieketakademie (Dill-Bills Cricket Academy) op die dorp gestig.
Hierdie nuutgestigte krieketakademie sal op 1 Augustus sy deure amptelik open. Volgens Moos het hy 'n leemte op plaaslike krieketvlak gesien wat voetsoolvlak krieketontwikkeling betref en onderneem Dill-Bills Cricket Academy om die o.11- tot o.13-ouderdomsgroepe onder hande te neem.
Tydens sessies sal vaardighede in kolf-, veld- en boulwerk optimaal geslyp word. Leerders wat in die o.15 groep val is egter ook welkom.
"Daar sal ook hard aan die fiksheidsvlakke van die leerders geskaaf word omdat dit 'n baie belangrike aspek van krieket is."
Kwalifikasies van Dillan Moos:
In 2015 verwerf Moos sy nasionale diploma in sportbestuur by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie. Hy is ook in besit van 'n afrigtingsdiploma (vlak 1) wat hy van Krieket Suid-Afrika (KSA) ontvang het.
Agtergrond en krieket-ervaring:
"Ek was gelukkig om in 'n krieketmal-huis groot te word waar ek en my familielede Gary (oud SWD-krieketspeler) en Morné Moos (oud-Western Hope krieketspeler) letterlik krieket geslaap en geëet het."
Gary is tans 'n krieketadministrateur by die Highveld Lion-krieketklub in Johannesburg.
Dillan, wat 'n veelsydige speler is (draaibalbouler en kolwer), se eerste deurbraak op provinsiale vlak het in 2011 gekom toe hy vir die SWD o.17 B-span gekies is. Een van die hoogtepunte van sy loopbaan was toe hy in 2012 vir die Kaya-Majola krieketspan gekies is wat daardie jaar in Potchefstroom aan 'n nasionale kriekettoernooi deelgeneem het.
Hy was ook deel van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie se krieketspan wat die liga gewen het om na die nasionale A-liga bevorder te word. In 2018 het hy 'n administratiewe pos by die plaaslike sport-en kultuur kantoor (Seppie-Greeff-gebou) aanvaar waar Jean Neething (Wes-Kaap departement van kultuur en sport) hom touwys gemaak het.
Kontakbesonderhede en oefentye:
Oefentye en venue sal in Juliemaand bevestig word. Kontak Moos by 078 875 9285 of e-pos moosdilly@gmail.com om jou kind se plek vandag nog te bespreek.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'