Advertorial
BESIGHEIDSNUUS - 'n Nuwe naam in die bestuur van jou skuld, Credit Rescue, het hierdie maand sy deure in Oudtshoorn oopgemaak met 'n hele ander benadering tot die industrie en die veiligheid van jou finansiële toekoms.
Een van die mede-eienaars aan die hoof van die Oudtshoorn-tak, wat ook verbonde is aan Khusela Debt Management (KDM) - 'n nasionale skuldbestuur maatskappy, is Emile Stalmeester.
Hy vertel baie passievol oor hoe hy, tesame met Credit Rescue, Oudtshoorniete en inwoners van die Karoo en Tuinroete wil help om hulself uit die diep gat van skuld te kry waarin baie moedelose Suid-Afrikaners hulself bevind.
Credit Rescue, bied aan kliënte dienste soos skuldassessering, die bestuur van skuld, skuldberading en skuldherstel.
Volgens Stalmeester fokus die maatskappy daarop om mense te help om op die beste manier moontlik hul skuld en skuldpaaiemente te verminder op so 'n manier dat hulle steeds kan oorleef en nie permanent onder 'n berg skuld gebuk sal gaan nie.
Stalmeester, met 'n agtergrond in skuldberading en dus weet hoe skuld mense kan onderkry, het onlangs die kans gekry om sy eie franchise hier oop te maak en glo in Credit Rescue se manier van skuldbestuur. Die kantore sal 'n inbelsentrum en 'n opleidingskool insluit.
"Ons wil poog om mense se lewens te verbeter deur hulle finansiële toestand te verbeter. In plaas daarvan dat mense hul lewens opgee om skuld te betaal, wil ons dit vir hulle vergemaklik om die skuld aan te spreek. Baie mense verloor alles as gevolg van skuld omdat hulle die verkeerde besluite maak deur om eerstens skuld te maak, en tweedens alles op te gee of te verloor as gevolg daarvan."
Die skuldassessering word ook verniet gedoen, voeg hy by.
"Daarna besluit ons wat die beste vir die kliënt is. Ons verkies ook om deur mediasie die skuld aan te spreek, in stede van 'debt review' wat verdere finansiële moontlikhede sal belemmer. Dit is waarin ons spesialiseer," sê hy.
Hy voeg by dat op hierdie manier 'n mens nie net skuld aanspreek nie, maar ook mense se geestesgesondheid as gevolg daarvan kan verbeter. Daar is verder ook nog, volgens Stalmeester, baie verdere planne met die Oudtshoorn-tak. Dit sluit werk in die gemeenskap en die skep van werksgeleenthede deur middel van hul opleidingsentrum in.
Besoek Credit Rescue by hul kantore in Tabakstraat 7 of skakel 021 753 7789. Stuur alternatiewelik 'n e-pos na oudtshoorn.wp@kdebt.co.za.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’