Advertorial
OUDTSHOORN SAKENUUS - "Daar is nog baie meer wat gedoen kan word om vroue te bemagtig. So sê Christiaan Ras, modeontwerper van Oudtshoorn. Ras wat drie jaar jaar gelede na Oudtshoorn verhuis het, het verlede Donderdagaand, in samewerking met 'n groep vriende, 'n baie geslaagde modeparade by Headlines Restaurant ten bate van liefdadigheid gehou.
By hierdie spoggeleentheid het een van sy vriendinne, Amoré Sylvester (burgemeester se vrou), in haar toespraak haar planne bekend gemaak om 'n fees ter bemagtiging van vroue op 24 Augustus by die De Jager-sportkompleks te hou.
Sy het alle vroue wat graag hul eie besigheid wil begin uitgenooi om dié fees by te woon. Bestaande besighede kan ook hul produkte kom uitstal. Kostes vir stalletjies sal R600 elk beloop.
Sylvester het elke vrou uitgedaag om lewe aan hul idees te gee voor iemand anders dit doen.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'