Buffelsdrift erken getroue diens

Andries van Schalkwyk, links agter, by werknemers wat erkenning vir diens ontvang het. Langs hom is, van links, Jaco Eskok, Abraham Veldman en Angelo Coetzee. In die middelste ry is, van links: Xavier Coerecius, Bettie Okkers en Des Paulsen met Lenrika Mathews, Christolene Okkers en Patricia Malgas voor.

OUDTSHOORN NUUS - Negentien werknemers van Buffelsdrift Game Lodge is verlede week met 'n spesiale bonus en 'n ontbyt verras vir hulle getroue diens van meer as 10 jaar. 

"Buffelsdrift is 12 jaar gelede op 1 Oktober vir die publiek oopgestel, en ons het besef van ons personeellede is reeds van die begin af by ons, en ons wou hulle op 'n manier beloon," het Andries van Schalkwyk, besturende direkteur van Buffelsdrift verlede week gesê.

Die direkteure het besluit om al die werknemers wat tien jaar of langer diens het te beloon.

Van Schalkwyk het Klaas Veldman uitgesonder en sy geskenk eerste oorhandig en gesê: "Klaas was die heel eerste werknemer wat veertien jaar gelede saam met my by die hek ingestap het toe ons Buffelsdrift begin ontwikkel het."


Nog werknemers wat vir jare lange diens vereer is, is agter, van links: Beadri Eloff, Joseph Maseko,  Klaas Veldman en Derick Tiemie. Voor: Abigail Claassen, Calin Booysen, Rochelle Goliath en Enrico Ruiters. Inlas:  Alistair Sharneck

 Klaas Veldman, wat 14 jaar gelede saam met Amdries van Schalkwyk met die ontwikkeling van Buffesldrift begin het, ontvang sy koevert.

ARTIKEL EN FOTO'S: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT REDAKTEUR

'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'


Your comments
Back to Top

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Oudtshoorn Courant