Boplaas het vanjaar weereens die grootkampioen wyn van die streek gemaak en is ook aangewys as die kampioen privaatkelder van die Suid-Kaap/Klein-Karoostreek.
Boplaas se Port is aangewys as grootkampioen wyn en Boplaas het ook die kampioen Sauvignon Blanc. Die Boplaas Straw Wine is aangewys as die kampioen natuurlike soet tafelwyn.
Die Sauvignon Blanc sal later as die Boplaas Bobbejaanberg Sauvignon Blanc 2013 bekend gestel word.
Boplaas se tafelwyne het ook vroeër by die CAPPA Challenge uitstekend gevaar en die Boplaas Tinta Chocolat 2012, Ring of Rocks, Touriga Nacional en Woolworths Portuguese Connection was onder die Top 10.
Boplaas het ook sy beste vertoning tot op hede gelewer by die SA Jongwynskou met agt goue medaljes asook `n toekenning vir die SA Kampioen Port.
Boplaas se Boplaas Heritage Muscadel 2012 het ook met die louere weggestap in die Top Dessert Wine-kategorie tydens die Novare SA Terroir Wine Awards in die Klein-Karoo Region, Swartberg and Prince Albert Wards Terroir Awards.
_575668728.jpg)
Hier spog Boplaas se personeel met al die trofeë. Voor is Denise Johannes, Zelda Botha, Carel Nel (Eienaar), Ellenore Cronje en Karen Terblanche. Agter: Bonnie Baartman, Titus Baartman, Magda vd Berg, Mina Benjamin, Willem Lamberts, Michael Baartman, Tessa Carelse, Andries Jacobus, Mietsie Meshoa, Cornelius Coetzee, Peet Coetzee, Francina Claassen, Piet Tarentaal en Hans Claassen.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp | Klein-Karoo nuus'