OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn Courant bied vanjaar vir die tweede keer die Best of Oudtshoorn Leserskeuse-toekennings aan te bied. Hierdie toekenningsgeleentheid is ’n eerbetoon aan die plekke en besighede wat ons dorp daagliks verryk.
Hierdie is nie sommer net nóg ’n kompetisie nie. Dit is ’n gulde geleentheid om erkenning te gee aan dié wat uitblink, of dit nou die skoonheidsalon is wat jou op jou mooiste laat lyk, die beste sjef of die lekkerste toerismebestemming.
Nominasies open op 1 Mei, en soos altyd is dit julle, ons lesers, wat besluit wie as die beste in elke kategorie aangewys moet word.
Die proses is eenvoudig, oop vir almal en heeltemal gratis! Daar is geen betaal-om-te-speel of agter-die-skerms-geharwar nie. Net egte stemme van mense wat weet wat ons dorp besonders maak.
Of jy nou ’n besigheidseienaar, ’n lojale kliënt of iemand is wat trots is op Oudtshoorn, hierdie is jou kans om ’n verskil te maak. Deur te nomineer en te stem, wys jy nie net jou waardering vir plaaslike uitblinkers nie, maar jy staan ook ’n kans om wonderlike pryse te wen!
Nominasies is nou oop! Klik hier om jou gunsteling besigheid vandag te nomineer!
Nominasies sluit 15 Mei 2025.
Best of Oudtshoorn word met trots deur Oudtshoorn Courant aangebied.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’