Sponsored Content
SAKENUUS - CKI Abattoir Oudtshoorn is bekend vir ons vleisprodukte, varsheid en uitstekende diens.
Ons is ’n gevestigde onderneming in die Klein-Karoo wat met trots ons plaaslike kliënte, besighede en groter verspreidingsnetwerke vanuit Outshoorn bedien.
Ons spesialiseer in topgehalte volstruisvleisprodukte en biltong en is trots op ons professionele vleisverwerking.
Om vir hierdie toekenning genomineer te word is ’n groot eer vir ons span en ’n waardevolle erkenning van die vertroue wat ons kliënte en die gemeenskap in ons stel.
Dit bevestig die harde werk en toewyding waarmee ons elke dag daarna streef om net die beste produkte te lewer.
By CKI Abattoir glo ons gehalte begin by trots en aandag aan detail. Ons is trots op die varsheid van ons produkte en verseker dat dit konsekwent volgens hoë standaarde voorberei is - alles aangebied met die opregte gasvryheid waarvoor die Klein-Karoo bekend is.
Elke produk en bestelling voldoen aan die hoë standaarde waarvoor CKI bekend is.
Ons biltong en vleisprodukte word volgens beproefde resepte en hoë standaarde voorberei om net die beste te kan lewer en te verseker dat ons kliënte elke stukkie biltong voluit kan geniet.
Om mededingend te bly, fokus ons voortdurend op gehalte, die beste kliëntediens en konstante verbetering van ons produkte. Ons luister na ons kliënte se behoeftes en werk hard om seker te maak dat ons in hul behoeftes voorsien.
Elke produk en bestelling voldoen aan die hoë standaarde waarvoor CKI bekend is.
As plaaslike onderneming ondersteun ons deurgaans ons gemeenskap. Nie alleen skep ons werksgeleenthede nie, maar ons bou ook sterk langtermynverhoudings met ons kliënte.
Smul-lekker biltong!
Hierdie nominasie is ’n bewys dat ons kliënte die passie en toewyding erken waarmee ons ons uitstaande produkte lewer. Dit weerspieël die vertroue wat die gemeenskap in ons handelsnaam en kliëntediens plaas.
Ons waardeer elke kliënt en bedank hulle opreg vir hul ondersteuning deur die jare, asook vir elke stem in hierdie kompetisie.
By CKI Abbatoir is ons nie net ’n besigheid nie - ons is trots om deel van die Klein-Karoogemeenskap te wees.

Klik hier om vir CKI Abbatoir te stem!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’