Sponsored Content
SAKENUUS - Watson & Brink Apteek, die oudste apteek in Oudtshoorn, het ’n trotse geskiedenis van meer as 140 jaar. Dit is in 1883 as Lennon’s Apteek gestig en het oor die dekades ’n instelling geword wat diep in die gemeenskap gewortel is.
Mnr. Watson het die apteek in 1941 oorgeneem en dit hernoem. In 1961, toe Gerard Brink as vennoot aangesluit het, is die naam verander na Watson & Brink Apteek.
Ná albei afgetree het, het nuwe vennote die nalatenskap voortgesit. Lourens Theron was een van die eerstes, gevolg deur Theron Mentz in 1998 en De Wet Scheepers in 2001.
In 1997 is Queens Mall Apteek oopgemaak om aanvullende diens aan die gemeenskap te lewer.
Volgens die vennote lê die sukses van die ondernemings daarin dat dit plaaslik bestuur word en sterk gemeenskapsbande handhaaf.
Dienste
Beide die apteke bied volledige aptekersdienste aan hul kliënte, wat ook basiese kliniekdienste insluit.
Kliniekdienste
Albei apteke bied gekwalifiseerde verpleegsters wat basiese dienste soos baba-inentings, gesinsbeplanningsdienste, geringe wondsorg, steke verwyder, inentings, borsvoedingsadvies en bloeddruk-, glukose, cholesterol en ystertoetse bied.
Aflewerings
Die apteke lewer gratis aan al die tehuise en aftreeoorde vir bejaardes in Oudtshoorn en bied ook ’n afleweringsdiens aan ander kliënte wat dit benodig.
Rekeninge
Kliënte kan ook hul medikasie op rekening by beide die apteke koop.
Die apteke ondersteun plaaslike skole en instansies en verskaf werk aan sowat 40 inwoners. Watson & Brink bly ’n hoeksteen van Oudtshoorn se geskiedenis en ’n betroubare naam in gesondheidsorg.
Klik hier om vir Watson & Brink te stem!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’