OUDTSHOORN SAKENUUS - Die Oudtshoorn-besigheidskamer het Donderdagaand 20 Februarie, tydens hulle algemene jaarvergadering by Highgate hulle verkose bestuur bekendgemaak.
Die uittredende voorsitter, Gideon Badenhorst, het in sy voorsittersverslag na verskeie projekte verwys wat deur die besigheidskamer ondersteun word.
Een van die projekte wat die afgelope jaar die meeste suksesse in die gemeenskap bereik het is die, Ek is Oudtshoorn-inisiatief, wat onder andere 'n boomplantprojek, die reWOLusie-projek asook die Oudtshoorn dorp van die jaar-proses insluit.
Die bestuur het Vrydagoggend hulle eerste vergadering by die Turnberry Boutique Hotel gehou waar Jaco Vorster en Stephan Cornelissen onderskeidelik as voorsitter en ondervoorsitter verkies is.
Die ander lede van die besigheidskamer is Tania Smit, Gideon Badenhorst, De Villiers Neethling, Jacobus Maloney, Abri Ferreira en Hennie Davel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'