Advertorial Gallery Video
MOSSELBAAI SAKENUUS & VIDEO'S - Adler's Nest bied 'n ideale tuiste vir ouerwordende persone wat verswak is, asook aan demensie en Alzheimer se siekte ly. In hierdie tehuis, geleë in die ongerepte natuurskoon van Aalwyndal, Mosselbaai, word gespesialiseerde sorg tans gebied aan 'n maksimum van 54 inwoners.
Buiten verswaktesorg, is uitstekende mediese sorg 24 uur per dag ook beskikbaar.
"Ons is in 'n voortdurende proses van opgradering en verbetering van ons fasiliteite. Die oogmerk is om uiteindelik aan nagenoeg 100 inwoners sorg te bied," verduidelik Hein Marx, die eienaar. Deel van die jongste uitbreiding is 'n nuwe kombuisfasiliteit en eetsaal. Gedurende die afgelope twee jaar, is 'n nuwe vleuel ook aangebou.
Adler's Nest bied reeds vir die afgelope ses jaar hoë kwaliteit sorg en spog met 'n onkreukbare reputasie.
FOTOGALERY: Adler's Nest bied 'n ideale tuiste
"Ons baseer alles wat ons hier doen op die kernbeginsels van aandag, liefde en erkenning." Marx meen dat sy personeel streng volgens hierdie kriteria in diens geneem word.
"Dit is vir ons baie belangrik dat 'n positiewe atmosfeer by Adler's Nest moet heers. Dit is die eerste verwelkoming wat ons wil hê besoekers, wat dikwels inwoners se kinders insluit, moet beleef."
Een van die groot pluspunte, meen Marx, is dat Adler's Nest nie 'n waglys het nie.
"Ons doen wat ons moet doen om mense dadelik te help." Marx sê dat 'n aktiwiteitsprogram vir inwoners sluit bingo, kaartspeel, danse, musiek, verf, inkleur, kleiwerk en buitelugaktiwiteite in. 'n Gesonde dieet is kernbelangrik, meen Marx en die resultaat hiervan word ook in die welstand van al die inwoners, veral die Alzheimers-pasiënte bemerk.
VIDEO: Adler’s Nest - Alzheimers, Dementia en Frail-care Centre
VIDEO: Hein Marx gesels oor Alzheimer en Dementia
Adler's Nest ondersteun ook die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) deur 'n palliatiewe sorg fasiliteit beskikbaar te stel, soos nodig.
"By Adler's Nest bied ons 'n veilige, vreedsame en stil omgewing. Ons reëls is nie rigied nie, omdat ons wil hê die inwoners en enige besoekers moet so tuis as moontlik hier voel," sluit Marx af.
- Kontak: Hein - 082 801 5399.
- Besoek: www.adlersnest.co.za
- E-pos: info@adlersnest.co.za
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'