Maar, sê Hannes, dis nie net
boerewors wat kliënte na die netjiese slaghuis sal lok nie. "Dieselfde moeite en sorg wat in ons boerewors ingaan, gaan ook in al ons ander kwaliteit produkte soos maalvleis, steaks, skaap en lam, vark en hoender in. Kom probeer ook gerus ons sosaties, kaaswors, ribrolletjies, vark vlegsels en moenie ons heerlike biltong, droëwors en ander lekkernye vergeet nie."