Sponsored Content
BESSIGHEIDSNUUS - Vanaf 1 Desember neem Louis Venter die leisels as nuwe eienaar van AA Spares oor. Dié motoronderdele-onderneming bestaan reeds 25 jaar in Oudtshoorn.
Louis, wat verlede jaar sy matriek by Langenhoven Gimnasium voltooi het, en die afgelope agt maande by die besigheid gewerk het, het die kans aangegryp om die onderneming oor te koop en voort te sit toe die huidige eienaars besluit het om af te tree.
Louis en sy pa, wat jare se ervaring in die motorbedryf het, sal saam die onderneming bestuur. Die familie se passie vir motorvoertuie en hul toewyding aan kliëntediens beloof om die gevestigde reputasie van AA Spares te handhaaf.
AA Spares bied nie net motoronderdele aan nie, maar ook 'n reeks gereedskap en bykomstighede wat by internasionale handelsmerke verkry word. Louis verduidelik dat die besigheid se naam onveranderd sal bly en dat hulle tans nie groot veranderinge beplan nie.
“Ons hou die mark, en kliënte se behoeftes dop en gaan 'n paar nuwe produkte byvoeg soos hidroliese olies in verskillende hoeveelhede. Ons bied ook lojaliteitskaarte waar kliënte voordele kan geniet hoe meer aankope gedoen word,” sê hy.
Die onderneming se sukses is grootliks te danke aan hul uitstekende kliëntediens.
"Ons streef daarna om vriendelike, vinnige kliëntediens te bied met voldoende voorraad om aan ons kliënte se behoeftes te voldoen. Ons lewer ook bestellings af waar moontlik."
Louis sê hy sien uit na die nuwe hoofstuk en is vasbeslote om voort te bou op die stewige fondament wat oor die afgelope kwarteeu gelê is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’