OUDTSHOORN NUUS - Ongeveer 50 landbouers het verlede week Agri Wes-Kaap se kongres in Oudtshoorn bygewoon.
Die kongres was vir alle lede van landbouverenigings wat by Agri Klein-Karoo geregistreer is. Dit sluit Oudtshoorn, De Rust, Volmoed, Bo-Kammanassie, Herold, Calitzdorp en Ladismith in.
Verskeie spesiale gaste wat deur Agri Wes-Kaap genooi is, het ook die kongres bygewoon.
Die hoofspreker was Tertius Schoeman met die onderwerp: Erfopvolging in familie-besighede en familie-boerderye. Buiten die gasspreker het verteenwoordigers van die onderskeie borge ook spreekbeurte gehad.
Die voortslepende droogte en watervoorsiening was een van die punte wat deur boere opgehaal is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'