OUDTSHOORN NUUS - Klein Karoo Saadproduksie (Edms) Bpk (KKS) het op Woensdag, 2 Oktober hul spogfunksie by Surval buite Oudtshoorn gehou met meer as 300 gaste wat die geleentheid bygewoon het.
Tydens die funksie is die jaarlikse saadtoekennings bekendgemaak vir produsente wat uitsonderlik presteer het.
Na afloop van die toesprake, toekennings is die gaste op 'n avontuur uitstappie geneem. Die dag is afgesluit met 'n kuierfunksie saam met Ray Dylan.
Nadia Viljoen van Tankwa is aangewys as Vrou in Landbou wat 'n ombaatsugtige bydrae tot landbou gelewer het. Steffan Coetzee van Omega Boerdery Trust van Tankwa is aangewys as die nuwe Toetreder van die Jaar.
Meer oor Klein Karoo Saadproduksie
KKS spesialiseer in die produksie van hoë kwaliteit groente-, voer-, weiding-, akkerbou- en organiese saad op kontrakbasis vir saadmaatskappye van regoor die wêreld.
Ons is gebaseer in die Klein Karoo, 'n vrugbare vallei tussen die Swartberge en Outeniqua bergreekse in die Wes-Kaap, Suid-Afrika.
Die maatskappy het meer as 40 jaar ondervinding in saadproduksie en lewer 'n doeltreffende en hoogs gespesialiseerde diens aan hul kliënte. Daarom word hulle deur baie internasionale saadmaatskappye as professionele vennoot en voorkeursaadproduksiemaatskappy beskou.
Aangesien hulle in die suidelike halfrond geleë is, beskou maatskappye in die noordelike halfrond KKS as 'n strategiese verskaffer van saad vir 'n saadvoorsiening deur die jaar.
Hul groentesaadreeks sluit oop bestuifde en bastervariëteite in soos uie, bosui, prei, radyse, beet, wortel, pampoen en stampmielies.
KKS het tegnologies gevorderde saadskoonmaakfasiliteite en 'n volledig toegeruste ISTA-geakkrediteerde saadtoetslaboratorium. Hul goed opgeleide en hoogs ervare tegniese produksie-adviseurs is ten volle toegerus om ons saadkwekers en kliënte by te staan.
KKS verskaf saad van die hoogste gehalte aan internasionale kliënte en bied ook professionele tegniese dienste ondersteun deur hul internasionaal geakkrediteerde saadskoonmaak- en toetsdienste.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’