Volgens Pieter-Matt Stemmet, voorsitter van die skou se reëlingskomitee, was daar beslis meer uitstallers en besoekers as in die afgelope 7 jaar.
Dr. Theo de Jager, visepresident van Agri SA se toespraak oor die toekoms van landbou in Suid-Afrika, het die boere gevange gehou.
Die Saalperd- en Boerperd Kampioenskappe was ook weer ‘n hoogtepunt, en so ook die kleinvee-kampioenskappe.
Ander hoogtepunte was die Budjie-kampioenskap en die prettige hondeskou.
Thys die Bosveldklong se konsert was ook 'n reuse trekpleister.
Lees meer oor hierdie jaar se fees in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
Die fees was propvol 4x4-aksie.