- Kontak tussen volstruise en watervoëls moet vermy of beperk word.
- Volstruise se drinkwater met gechlorineer word omdat die virus lank in waterbronne kan oorleef.
- Personeel wat met die volstruise werk se oorpakke en skoene/stewels, alle toerusting en voertuie moet deeglik volgens die VPN04 ontsmet word.
- Behoorlike toegangsbeheer moet toegepas word om te voorkom dat besoekers aan die plaas die virus inbring of versprei.
- Geen geval van hoogs patogene H5N8 is nog onder volstruise aangemeld nie, maar omdat daar buite met volstruise geboer word, is daar 'n risiko dat die volstruisbedryf getref kan word.