2. Hierdie ooitjies loop vir die volgende 12 maande in een groep by een van die boere.
3. Hulle word ‘n jaar later, tydens die skoudag, geskeer en geweeg.
4. Die wolwaarde en die groei in vleiswaarde oor die 12 maande periode word dan bereken.
5. Hieruit word die wenners aangewys.
Die algehele wenner by die jongooiskou vanjaar was Mnr Herman Venter van die plaas Bokkraal, Philipstown. Hy het die beste groep en ook die beste individuele ooi ingeskryf.