OUDTSHOORN NUUS - Laerskool Laurus het onlangs begin om jeugskou as ‘n buitemuurse aktiwiteit aan te bied.
Leerders het gedurende die vakansie opleiding ontvang om kaas, jogurt en botter te maak. Elf leerders, van gr. R tot gr. 6 het Vrydag 13 en Saterdag 14 Oktober by Sandringham se Livestock Expo in Stellenbosch saam met skole van oor die land aan die jeugskou deelgeneem.
Hulle het in die suiwelbereiding en kulinêre kuns-afdelings deelgeneem, en goed gevaar. Laurus se leerders het drie eerste en vier tweede plekke asook verskeie derde en vierde plekke losgeslaan.
Eerste plekke het gegaan aan Nicola Mathee (gr. 6) vir suiwelbereiding o.14 en Dirk-Herold Mosterd (gr. 1) vir suiwelbereiding sowel as kulinêre kuns o.10.
Tweede plekke aan Gerick Mathee (gr. 3), Dominique Strydom (gr. 5) en Xander Strydom (gr. 2).
Zihan Breunissen, Dirk-Herold Mosterd en Xander Strydom van Laerskool Laurus tydens hul deelname aan die Jeugskou in Stellenbosch. Foto verskaf.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'