MURRAYSBURG NUUSFLITS - 'n Jong vroueboer van die Murraysburg streek is die enigste vrou onder die Wes-Kaap se vier finaliste in die jaarlikse Jongboer-kompetisie. Die wenner word op 23 Mei aangewys.
Die 25-jarige Juanita Bellingan boer sedert Januarie 2016 op Kruidfontein Landgoed in die Murraysburgdistrik van die Sentraal-Karoo.
Die plaas van 20 000 ha is al 90 jaar in die besit van die Herholdts-gesin, en tans behoort dit aan die vier seuns Carel, Ron, Michiel en De Villiers.
Sy boer met skape, sybokke, beeste en wild. Naas die Kruidfontein Merinostoet, wat uit sowat 250 ooie bestaan, word daar ook kommersiële ooie en sowat 4 000 skape, wat hamels insluit, elke agt maande geskeer.
‘n Kudde van sowat 1 000 sybokhaar-kapaters word elke ses maande geskeer. Die beeskudde bestaan uit 150 Angus-Simentaller-kruisbeeskoeie.
Die wildkamp op die plaas beslaan 3 000 ha met 15 wildspesies. Plaaslike en buitelandse jagters jag van 1 April tot begin September.
Daar word ook Damara-springbokke en trofeediere in ‘n teelkamp gehou waar slegs boogjag toegelaat word.
Lees meer in dié week se Oudtshoorn Courant en ook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Murraysburg, Klein Karoo nuus'