“Ons is verskriklik dankbaar dat die probleem so gou opgelos is sodat ons reeds Donderdag water gehad het,” sê Bernard Delport, een van die 10 boere op Middelplaas wat dae lank sonder water was. “Ons wil ook privaatmense wat aangebied het om vir ons water te bring bedank.”
Een van die Klein Karoo Landelike Waterskema (KKLWS), wat water vir huishoudelike gebruik en veesuipings aan die groter Oudtshoorn munisipale gebied lewer, se belangrikste boorgatpompe in die Vermaaksrivier het onklaar geraak toe die rivier na ‘n reënbui in die Kammanassieberge afgekom het. Die pomp is verlede week herstel.