OUDTSHOORN NUUS - Die Suid-Kaap Bonsmara-klub se sewende GWK veiling het op Saterdag 9 September by die Herold veilingskrale plaasgevind.
Die omset van die veiling was R1 914 000 en die duurste bul is verkoop vir R80 000.
Die verkoper was Mikey du Toit van Swartshoek Bonsmara en die koper is CD Handley van Bathurst.
Gemiddelde pryse wat behaal is:
Dragtige kommersiele koeie: R12 600
Dragtige stoet koeie: R15 000
Kommersiële koeie en kalwers: R14 000
Kommersiële dragtige verse: R 12 600
Kommersiële oop verse: R 9 500
Die veiling is deur GWK aangebied.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'