OUDTSHOORN NUUS - Die Groter Oudtshoorn-munisipaliteit gaan van Februarie 2025 nie meer gedrukte rekeninge per pos uitstuur nie.
Om te verseker dat rekeninghouers voortgaan om hul munisipale rekeningstaat te ontvang, moet hul die Collab Citizen-toepassing aflaai of aandui dat 'n elektroniese rekening per e-pos uitgestuur moet word.
Sodra alle selfoonnommers opgedateer is, kan rekeninge ook in die toekoms per SMS verskaf word.
Om munisipale rekeninge per e-pos of op die Collab Citizen-toepassing te ontvang, bied verskeie voordele, insluitend onmiddellike aflewering, gerieflike toegang en verminderde risiko om jou rekeningstaat te verloor.
Belangrike kennisgewing:
Soos aangedui op u munisipale rekening rakende verwysingwysigings, sal alle rekeningnommers met minder as 12 syfers tans na 12 syfers verander word. Hierdie veranderinge sal oor 'n sekere tydperk ingefaseer word.
Rekeninghouers moet te alle tye hul jongste rekening hê vir betalingsdoeleindes, aangesien hierdie veranderinge die Payat-verwysing ook sal beïnvloed vir betalings by Checkers, PNP en elders.
Dit beklemtoon die belangrikheid om op die Collab Citizen-toepassing te registreer om die inligting binne bereik te hê aangesien betaling slegs na geldige rekeningnommers gemaak kan word.
Om op die Collab Citizen-toepassing te registreer, volg asseblief hierdie riglyne:
- Laai die Collab Citizen-toepassing van jou toestel se toepassingswinkel af.
- Maak die toepassing oop en kies "Registreer."
- Voer jou persoonlike besonderhede in soos op jou huidige munisipale rekening, insluitend jou e-posadres en selfoonnommer.
- Volg die aanwysings om jou registrasie te voltooi.
- Sodra jy geregistreer is, sal jy jou munisipale rekeningstate via die toepassing en e-pos begin ontvang.
Dankie vir jou samewerking en begrip terwyl ons oorgaan na 'n meer doeltreffende en omgewingsvriendelike diens.
Om hierdie diens te geniet, moet inwoners hul kontakbesonderhede opdateer, insluitend 'n e-posadres.
Alle rekeninghouers moet verseker dat hulle hul persoonlike kontakbesonderhede voor Februarie 2025 opdateer via die Collab Citizen-toepassing of by enige kantoor binne die finansiële inkomste-afdeling of via acccountenquiries@oudtmun.gov.za.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’