Thursday 22:25
overcast clouds
Tomorrow:
overcast clouds 23°
Oudtshoorn
Met ’n nuwe perseel in Langenhovenweg en die bekendstelling van gevorderde 3D-beeldingstegnologie betree dr. Gys Kleyn se tandheelkundige praktyk, Kleyn Karoo Tandartse, ’n nuwe hoofstuk in sy groei en dienslewering aan die Klein-Karoo. Kleyn het in Oudtshoorn grootgeword en ná die voltooiing van sy studies besluit om na sy tuisdorp terug te keer. Hy praktiseer reeds 16 jaar lank as tandarts, waarvan die afgelope 14 jaar in Oudtshoorn. Sy praktyk het in September van Eldorado Village na ’n nuwe perseel by Langenhovenweg 93 verskuif. Volgens Kleyn is die besluit geneem om na ’n groter perseel te verskuif om ruimte vir die praktyk se groei te skep en die uitbreiding van sy dienste moontlik te maak. Dit sluit onder meer die installering van ’n splinternuwe CBCT-skandeerder (Cone Beam Computed Tomography), oftewel ’n 3D-röntgenmasjien, in.
Oudtshoorn Courant proudly displays the “FAIR” stamp of the Press Council of South Africa, indicating our commitment to adhere to the Code of Ethics for Print and online media which prescribes that our reportage is truthful, accurate and fair. Should you wish to lodge a complaint about our news coverage, please lodge a complaint on the Press Council’s website, www.presscouncil.org.za or email the complaint to [email protected]. Contact the Press Council on 0114843612.
Copyright 2026 Group Editors Company (Pty) Ltd, Registration Number 1963/002133/07 t/a Oudtshoorn Courant