OUDTSHOORN NUUS - Die De Rust toeneelgeselskap bied volgende Saterdag (9 September) weer hulle jaarlkse toneelstuk aan.
Ben Pretorius laat vanjaar die 'trustees' van die Bewende Bene Ouetehuis na Skotland toer waar hulle in ‘n hotel met spoke te lande kom. Dis juis met die miljoene wat die ‘trustees’ verlede jaar in die toneelstuk Fonds ontdek het waarmee hulle besluit om Skotalnd toe te reis.
Die opwinding is groot as die groepie in Skotland aankom, maar dan bevind hulle hul na ‘n moeisame reis in ‘n spookagtige hotelletjie iewers in die Skotse platteland.
Dr. Arries, die voorsitter, dompel die trustees egter in die moeilikheid as hy al geld van die ouetehuis vat om ‘n uiters skaars bottel whisky by die hotelbestuurder koop met die hoop om dit weer te verkwansel. Iewers draai ‘n spook ook rond en die stom dienskneg raak verlief op ‘n trusteelid.
Die lede van die De Rust Toneelgeselskap.
Die konsert word Saterdag 9 September om 19:00 in die saal van die NG Kerk De Rust aangebied.
Kaartjies is te koop by die NG Kerkkantoor De Rust en Village Trading Post.
'n Toneel uit die stuk.
'Ons bring jou die nuutste De Rust, Klein Karoo nuus'