CALITZDORP NUUS - Die bekende kunstenaar, Marinda Combrinck, se uitstalling, Karoo Revisited, open Woensdagaand in die John van Reenen galery in Calitzdorp. Die uitstalling duur tot 28 Februarie. Volgens Combrinck is dit nie 'n gewone kunsuitstalling nie.
"Die uitstalling fokus op positiewe stories en projekte wat in en rondom Calitzdorp plaasvind en bied ook die geleentheid om blootstelling aan plaaslike kunstenaars soos die draadkunstenaar, Hendrik Tiemie, te gee."
Van die projekte waarna Combrinck verwys is onder andere die proppies vir rolstoele-projek waarmee plastiekproppies en doppies versamel word en geruil word vir rolstoelle vir die tehuis vir bejaardes op Calitzdorp.
Die Hope Centre waar mishandelde vroue en kinders gehelp word om hulle situasies te verwerk en FOCA (Friends of Calitzdorp Animals) is nog twee projekte wat deur die uitstalling verteenwoordig word.
Die opening is Woensdag 19 Desember om 20:00 by Voortrekkerweg 30, die voormalige galery en tuiste van die atleet en kunstenaar John van Reenen wat vroeër vanjaar na 'n lang siekbed oorlede is.
Skakel 072 963 5673 vir navrae.
Draadkunstenaar, Hendrik Tiemie, se werke is ook deel van die uitstalling.
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'