OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Kunstevriende doen hulle onderneming van verlede jaar gestand deur maandeliks vir musiek uit die boonste rakke op Oudtshoorn te sorg.
Volgende Woensdagaand 11 September, is dit die beurt van die bekende Trio Goede Hoop van Kaapstad om die gehoor by die Klein Karoo Ostrich Emporium te bekoor.
Die trio-lede is Matthew Reid (klarinet), Cheryl de Havilland (tjello) en Tertia Visser-Downie (klavier).
Die vertoning begin om 19:00 teen R80 per persoon. Kaartjies is by die deur beskikbaar, maar kan ook vooraf by die Herrie gekoop word of bespreek word by Antoinette (084 567 1030) of AnneLise (072 592 3928).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'